AcademicHigh School

Harriston Spelathon leerders blink uit in die provinsiale rondte

By August 20, 2018 No Comments

Tien Harriston leerders het aan die provinsiale rondte van die ATKV-Spelathon in Bloemfontein deelgeneem. Alhoewel Harriston leerders slegs Afrikaans Eerste Addisionele Taal op skool neem, moes sommiges vanjaar aan die Afrikaans Huistaal kategorie deelneem omdat een of beide van hulle ouers Afrikaanssprekend is. Vir leerders wie se onderrigtaal Engels is en wie se totale gedagtewêreld en akademiese leefruimte Engels is, was dit soms ʼn uitdaging om veral die onvoorbereide woorde te spel. Woorde was dikwels vakinhoud gerig. Soveel as tot 1000 nuwe woorde moes aangeleer word wat kandidate toerus met uitstekende woordeskatkennis vir toekomstige toepassing. Die eerste rondte van die spelkompetisie is ʼn oefenrondte waarna die kandidate onmiddellik uitgeskakel word indien hulle verkeerd spel. Harriston uitblinkers het grotendeels al hulle voorbereide woorde reggespel en uitgeblink omdat hulle deurgedring het na die onvoorbereide rondte toe.

Yzulté du Plooy (Graad 9)                  – gesamentlik 6de Graad 8-9 Afrikaans Huistaal

MJ Brits (Graad 8)                              – gesamentlik 6de Graad 8-9 Afrikaans Huistaal

Hamed Khan-Sarang (Graad 9)         – 1ste Graad 8-9 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Richella Tannoo (Graad 11)               – gesamentlik 6de Graad 10-12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wetsi Moloi (Graad 10)                       – 2de Graad 10-12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Hamed Khan-Sarang en Wetsi-Moloi kwalifiseer om in Oktober aan die Nasionale Spelathon finaal in Stellenbosch deel te neem

Leave a Reply